Some unspecified error has occurred.

Fred Wypkema

July 6, 1929 - June 8, 2021

Fred Wykema, eggenoot, familielid, vriend, kollega, entrepreneur en mentor het gedurende sy lang en kleurryke lewe talle mense se lewens aangeraak en laat 'n groot leemte in menige lewens. Hy was 'n baie spesiale mens!

More... Less...

  • Memories Memories
    One moment please, your post is being saved...
  • Image Image
    To attach an image drag & drop it here or
    One moment please, your post is being saved...
  • Video Video
    Upload a video on YouTube and paste the code here:
    One moment please, your post is being saved...
  • Condolences Condolences
  • Condolences Condolences
    One moment please, your post is being saved...

Filter: Show all labels

  • 2021-07-19 16:55:36 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Braaivleis! Hy was soooo lief daarvoor om te braai.

  • 2021-07-19 16:54:35 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Sy gunsteling middagete wanneer ons met vakansie was - ROOMYS!!

  • 2021-07-19 16:48:04 View / Comment (0)
  • 2021-07-19 16:47:39 View / Comment (0)
  • 2021-07-19 16:46:46 View / Comment (0)
  • 2021-07-19 16:43:57 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    In sy jong dae was hy 'n kranige rolbalspeler, hier nie meer nie!

  • 2021-07-19 16:35:06 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Meeste mense het vir Fred geken met ‘n das om sy nek en as sakeman agter sy lessenaar. Hoewel dit sy passie was om te kon werk en te presteer en al het hy altyd gesê dat werk sy ontspanning was, het hy wel van tyd tot tyd die das afgehaal, ‘n kortbroek en plakkies aangetrek en ontspan. Hy was baie lief vir die water en bote en meeste van ons vakansies was op of by die water, hetsy mere, riviere of die oseaan. Hier volg ‘n paar foto’s van Fred in ligter luim.

  • 2021-07-19 16:31:33 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    TO LIVE IN THE HEARTS WE LEFT BEHIND IS NOT TO DIE - Thomas Campbell

  • 2021-06-30 13:51:36 View / Comment (0)
    Ben Truter

    Ben Truter

    Ben Truter

    Dankie Elna vir jou initiatief om Fred se lewe te vier. Dit was ook lekker om al die vriende wat ons tog deur Fred se toedoen leer ken het, weer te sien. Ook meer van die familie te leer ken.

  • 2021-06-24 13:11:15 View / Comment (1)
    Piet le Grange

    Piet le Grange

    Piet le Grange

    Ek het die voorreg gehad om Fred te kon ken sedert 1996, wat ook die jaar was wat ek by Hydro Holdings aangestel. Ben het Stellenbosch toe getrek en my die gellentheid gegee om baie nou saammet Fred en Elna te wek vir n goeie 10 jaar. Ek kan met eerlikheid se in my lewe sal daar nie weer n man soos Fred Wypkema wees nie. Wie anders bedank as n dosent en begin huise resotreer met niks finansiele "backing" nie. vanaf daai nederige begin het Fred n Privaat groep opgebou wat dermilfoene rande werd is. Wie anders behalwe Fred bou n hospitaal groep (Hydro Med) op en verkoop dit aan Medi Clinic wat vir baie jare Mede Clinic se grootste oorname was. Fred sou dan ook saammet Oubaas Anton Rupert op die hoof raad van Medi Clinic dien. AS sake man en onderhandellaar was hy enig in sy soort. Sake transaksies wat skeefgeloop het het nie onder gekry. Na 2 dae van seer wees het hy my altyd gevr, ' nou gaan ons dit opmaak" en dan het hy dit opgemaak. Dit wat ek vandag weet van die sake wereld het ek alles by Fred geleer. Ek sal jou ewig dankbaar wees daarvoor. Dit was n voorreg om saammet jou n langpad te kon loop. Ek wil vandag ook iets oor Fred die mens buite werksverband of besigheid se. As jy die voorreg gehad het om saammet hom sosiaal te kon verkeer, wat ons heelwat gedoen, het sy in PTE of die Kaap, 'n groter gasheer kon jy nie kry nie. As sy junior was ek nie eens toegelaat om my drankie in te gooi. Hy was voorwaar seker een van die gelantste gashere wat ken. Fred jy was fenominaal, nie net ons nie, maar die wereld sal jou mis. Dankie Elna vir 30 jaar wart jy sy regterhand, vriend, eggenoot en wedehelf was. RIV Fred jy verdien dit.

  • 2021-06-21 14:45:44 View / Comment (0)
    Michael Bell

    Michael Bell

    Michael Bell

    I had the privilege of knowing Fred when I worked for him flying the B747 with Hydro Air Cargo. Fred was a remarkable man, an absolute gentleman and had a extraordinary work ethic. I admired him and viewed him as a role model. The opportunity that I was given at Hydro Air Cargo had a significant impact on my professional development and helped me to become the pilot that I am today. I will always be grateful for this. I would like to express my heartfelt sympathies to Elna and the Wypkema family for their loss. My thoughts are with you during this difficult time. Mike Bell

  • 2021-06-21 09:01:22 View / Comment (0)
    Louiza De Klerk

    Louiza De Klerk

    Louiza De Klerk

    nms Willie du Pisanie Ek het Meneer Wypkema Oktober 1998 ontmoet. Iets wat op aarde nie vergaan nie is "herinneringe". Dit bly vir altyd. Die tye saam met hom wanneer hy die ander Maatskapye besoek het soos Bronkhorstspruit, Witbank en Brits bly by my. Sy onuitputlike kennis van werksmetodes was 'n voorbeeld en ek pas dit nog steeds toe. Netheid en deeglike werk was vir hom 'n groot vereiste by North Park winkelsentrum, boupersele en by sy fabrieke en werkswinkels. Wanneer ek iets by sy huis moes gaan doen en hom dan besoek. Sy glimlag sal ek nooit vergeet nie. Tot op die laaste keer wat ek hom gesien het, was hy nog steeds 'n baie netjiese man. Dit as gevolg van Mev Wypkema wat te alle tye, dag- en nag hom versorg het.

  • 2021-06-20 18:27:36 View / Comment (1)
    Charmaine Davel

    Charmaine Davel

    Charmaine Davel

    In 2001 het ek Mnr Wypkema leer ken. Die man met die breë glimlag en vriendlikste gesig. Hy was altyd netjies gekleë en het altyd 'n das gedra. As jy vir Mnr vra hoe dit met hom gaan sal hy antwoord "altyd goed". Met 'n verjaarsdag het hy altyd na jou toe gekom met gelukwense. Hoeveel keer het hy nie na my toegekom om net te hoor hoe dit met die werk en verkope van voertuie gaan. Wanneer hy by die vertoonkamer ingestap wou hy weet hoekom is daar so min voertuie op die vloer . Hy sal dan vir my sê ek moet nog voertuie bestel want die vloer moet vol wees. "Beste wense" was sy manier om jou te groet wanneer hy loop. Ek sal Mnr baie mis. Rus in vrede Mnr Wypkema. Baie dankie Elna vir die jare wat jy so goed vir Mnr versorg het. Sterkte vorentoe en weet die Here is daar om jou te dra in die dae wat voor lê.

  • 2021-06-19 13:11:55 View / Comment (0)
    Frik Knoetze

    Frik Knoetze

    Frik Knoetze

    Ek Het Fred in 1999 ontmoet toe ek as vlieënier by die maatskappy aangesluit het. Ek sal noooit vergeet dat hy my aan die begin van ons werksverhouding Mr Knoetze genoem het nie!! Asof ek iemand was. Na my eerste landing in die PC 12 het hy egter na my oorgestap en gesê noem my asb Fred, mag ek jou maar Frik noem? Dit is hoe nederig hy was. Sy sêgoed is wel bekend en gebruik ek nog steeds baie daarvan: " dit is half onlekker het hy altyd gesê". Of " mense ons moet nou hande vat sodat ons volgende jaar nog beter as 'n organisasie kan groei". Verder sal ek altyd onthou hoe ons op die boot gesit het met aandete en hy in die spieël agter my die hope mense wat eintlik agter hop gesit het gesien het en tot ons almal se vermaak gesê het: " sjoe daar sit nog baie mense, die eetsaal is baie groot" Natuurlik het ons uitgebars van die lag en het hy met sy verleë laggie ons herhinner dat hy ook maar mens was!! Of toe hy in Isreal vir die wag by immigrasie gesê het hy het 'n geweer, maar dit is by die huis. Dit het ons twee ure vertraag terwyl hy ondervra is!! Fred, 'n groot Seder het in Waterkloof geval en ons gaan jou geweldig mis!! Jy was vir so baie mense hulle middelpunt!! Lekker rus ou grootte!!!! Frik

  • 2021-06-17 14:09:23 View / Comment (0)
    Louiza De Klerk

    Louiza De Klerk

    Louiza De Klerk

    Ek het die voorreg gehad om hom vir nege jaar te ken. Wat ek sal onthou, is dat hy altyd vriendelik en baie netjies geklee was. Sy lessenaar, elke ding het sy plek gehad. Niks het rondgelê Ek onthou die kere wat hy van sy werkswinkel af gekom het, gewoonlik na middagete, dan moes ek gou-gou al die oliekolle op sy langmouhemp skoonmaak anders, sy woorde: “anders kry ek pakslae vanaand” Die kere wat ek vir Elna moes instaan om vir hom sy tee en vrugte te gee, was hy altyd dankbaar. Altyd gesê, baie dankie, dit lyk lekker! Hy het ook altyd gegroet met die volgende woorde: Beste wense! Elna, ek glo en weet dat dit nie altyd maklik was nie, maar jy het hom ondersteun, bygestaan en versorg tot en met die laaste! Sterkte vorentoe!

  • 2021-06-17 12:47:49 View / Comment (0)

    Dr Thomas Smalberger

    My pad met Fred Wypkema het omstreeks in 1984-5 begin met die grondbrekende onderhandelinge om 'n privaat hospitaal vir Trichardt- Secunda te begin nadat ek privaathospitaalregte verkry het van die Minister van Gesondheid. Hierdie sake verbintenis het geduur tot 1997 toe Trichardt Hydromed verkoop is aan Mediclin. Daarna sou ek spoedig vertrek na Perth in Australie en het ons steeds telefoniese kontak op 'gereelde grondslag gehad . Ek het hom telkens met my besoeke aan Suid Afrika besoek en lekker saam gekuier. Ongelukkig met die uitbreek van Corona virus is ons kosbare deeltye ons ontneem. Vir my was Fred Wypkema soos 'n Gemaliel aan wie se voete ek kon sit en baie wysheid bekom! Hy was 'n formidabele intellektualis, 'n legendariese intrepreneur en sakeman, 'n bedrewe onderhandelaar, 'n Chauvinis van die Afrikaanse taal. Sy nalatenskap is soos dinosaurus spore deur die Suid Afrikaanse samelewing en sake gemeenskap! R I V Fred Wypkema

  • 2021-06-17 08:55:40 View / Comment (0)

    Paul Jansen van Vuuren

    Wat ek ook nie sal vergeet nie is dat Mnr Wypkema vertel het dat hy as dosent by die Universiteit van Pretoria gewerk het. Hy het toe op 'n stadium besluit dat hy daar moet bedank om sy eie ding te gaan doen. Hy het op daardie stadium net besef dat al wat hy weet is dat hy NIKS weet nie. Sy woorde was" In praktyk leer jy alles"! Dit is absoluut net so!

  • 2021-06-17 08:47:56 View / Comment (0)

    Paul Jansen van Vuuren

    Ek het die voorreg gehad om 22 jaar deel van Mnr. Wypkema se span te kon wees en steeds by die besighede betrokke te kan wees. My verantwoordelikhede in die span het as personeelbestuurder begin maar het onder sy leiding gaandeweg uitgebrei tot soveel meer. Sy voorbeeld as leier het geen gelyke nie! Hy was tussen 5 en 6 elke oggend by die werk en het meestal gesluit en laaste gery. Hy was netjies, kon hom altyd deur ‘n ring trek! Hy was ingelig en het hom op ‘n konstante basis op hoogte gehou met wat in elke maatskappy aangaan. Jy moes jou storie ken as jy ‘n saak wou bespreek! Weekliks het ons vergaderings gehou met die bestuur van die maatskappye en het elke aspek deeglik deurgetrap. Syfers, finansies is “Exact”! Wie is elke krediteur, wat koop ons by hulle, kry ons afslag – goed hy sal die tjeks teken waarna ek kon teken en voortgaan. Hy was ‘n meester in beheer van sy besighede se finansies en praktyke. In die meganiese veld het hy menige bestuurders en tegniesie geleer hoe stelsels en meganiese beginsels nou eintlik werk. Enjins, ratkaste, ewenaars, hidroliese stelsels ag noem dit maar op. Ons wag nie vir onderdele nie- ons maak dit! In sy eie werkswinkel, met sy oorjas aan, het hy menige probleme op sy draaibank of freesbank opgelos. So het ons baie ure saamgewerk en ongelooflik baie geleer. Hy het ‘n baie groot liefde vir hierdie veld gehad! Sy hande het raakgevat, sy hande het reggemaak! Hy was trots, die werkswinkelvloere moes blink, gereedskap word skoongemaak en weggepak. Hy het ‘n trotse kultuur gekweek in sy span! Weekliks het ons Brits besoek waar hy in die 1960’s begin het met boubedrywighede. Vandag fokus ons nou hoofsaaklik op grondwerke en uitverhuring van toerusting. Voorendlaaiers, slootgrawers, trokke, padrollers en padskrapers. Noem dit, ons het dit en hy ken en verstaan die werking van elkeen! Foute op masjiene was eenvoudig en maklik hanteer – maak oop, haal af of bring na my werkswinkel ek maak dit gou reg! Nee ons wag nie, dit word sommer nou gedoen! Die masjiene moes skoon en netjies. Thinus, die trokke moet geskilder word! Tereine waar ons besig was met werke is besoek. Kompaksie toets word met die inkap van die hak gedoen! Hy het geken en verstaan! Ons het geleer! Gedurende 2006/2007 het ons ‘n gebou opgerig in Sandton. Basil Read was die hoof kantrakteur. Weekliks het ons die persele besoek, inspeksies gedoen, foutelyste opgestel. Dit was ‘n twaalf verdieping gebou. Menige maal was die krag af, hysbakke het nie gewerk nie! Geen probleem, daar is mos trappe! Kom ons doen gou ons inspeksies en dan word daai trappe uitgeklim! Ons eie maatskappy Hydro Cabinets het die kaste vervaardig. Dit moes perfek, hulle het gesweet! Ons is trots, dit moet reg! Basil Read het gesweet, Mnr Wypkema het ‘n standaard gestel, sy verwagting was hoog, hulle moes net eenvoudig presteer! Dink nie hulle sal ooit daardie projek vergeet nie! So het ons verskeie geboue opgerig en het hierdie proses homself herhaal en het ons elke keer geleer by ‘n meester geleer! Ons was betrokke by Medupi en Kusile kragstasies met grondwerke. Die tereine moes weekliks besoek word. Ons toerusting moet geinspekteer word. So het ons menige maal voregoggend na Ellisras vertrek om inspeksie te gaan doen. Dit was belangrik, ons toerusting moes reg. Daar is altyd lekker gesels so met die geryery en het ons altyd iets gaan eet voor ons terug ry. Mr. Wypkema het altyd ‘n geroosterde hoendermayonaise broodjie geeet met ‘n lekker lemmetjie mekskommel. Dit was vir hom sekerlik die hoogtepunt van elke besoek gewees! Hy het dit altyd baie geniet! Nuwe projekte is aangepak en is daar gestoei om dit te maak werk al was die potensiaal soms nie baie gunstig nie. Ons boelie dit reg het hy altyd gesê! Hy het ons nie gesê wat ons moet doen nie, hy het ons altyd gewys en was altyd deel daarvan! Daar is so baie waaroor gesels kan word! Paar sê goed wat my bybly: “ Ons moet maar terpentyn smeer” Ons doen dit self, weet jy wat is ‘n “expert”? ‘n “Ex” is ‘n “has been” en ‘n “spert” is ‘n “drip under pressure” Hoe gaan dit? “Altyd goed!” As iemand geroet word “Beste wense” Hoe was die vakansie? “Baie besig, baie gewerk en vergaderings gehad!” “Ons moet hande vat. Saam is ons beter” Dit was ‘n ongelooflike groot voorreg en ek is baie dankbaar! Hy was ‘n leier en mentor by uitstek! Hy was goedhartig en sy mense goedgesind. Hy het soveel mense gehelp op soveel tereine. Hy het ‘n soliede fondament daargestel, ‘n veilige omgewing om in te werk en soveel geleenthede vir ons almal! Ek mis hom ek mis sy groot gees! Dit was ‘n voorreg om tot in die die laaste dae nog saam hom te kon ry en die besighede te kon besoek. Hom te kon ondersteun en dit vir hom te kon moontlik maak! Dankie Elna vir jou ondersteuning aan hom en vir die mooi manier hoe jy na hom omgesien het! Jou liefde vir hom en ondersteuning aan hom was vir hom kosbaar en betekenisvol in alles wat hy aangepak het en, glo ek, ook in die mens wat hy was!

  • 2021-06-16 19:12:07 View / Comment (0)
    Theuns Botha

    Theuns Botha

    Theuns Botha

    In die begin-sestigerjare het my pa Elite Motors in Reviera ontdek. Die eienaar was Fred, 'n man uit een stuk, soos my pa hom beskryf het. Die uitstekende werktuigkundige het by Fred toestemming gekry dat ek die diens van my pa se kar kon bywoon en ek het baie geleer. Kort daarna kry ek my eie VW, wat ook daar gedien is. Fred was nog dosent en was toe reeds vir my "'n groot oom". Steeds in die sestigers het ons buurman, Philip, Fred se babablou Ford Fairlaine gekoop. In 1995 kruis my paaie weer met Fred s'n. Fred en Elna se ondersteuning met die dood van my pa en bywoon van die begrafnisdiens in 1998 was baie besonders. Hy word vir my 'n mentor. Ons het baie saam beleef. In die moeilikste omstandighede was hy die kalmte self en het hy gefokus gebly. Ander verloor hulle selfbeheersing - hy nooit - hy wen daardeur telkens. So baie het hulle Mosesse in so 'n proses teengekom. Ek was paar maal saam met Fred en Elna oorsee. Ons is 'n slag in die sneeu in Switserland in 'n afgelee lee fabriek letterlik ontvoer en Fred se kalme benadering bly my steeds by. Elna het inderdaad dieselfde goeie eienskap. Saam het hulle waarlik goed by mekaar gepas. Ek sal Fred se vertroue wat hy in my gestel het, nooit vergeet nie. En dan die merkwaardige, te veel om op te noem. Dink aan sy skoon kantoorlessenaar te alle tye (ek weet noemand het dit ooit deurmekaar of gepak gesien nie!). Verder was hy 'n meester op elke masjien in elke fabriek wat hy bedryf het (hy het gese hy kan nie 'n werker daarop toelaat tensy hyself die masjien geken het nie). Ook het hy die beste en fynste toerusting bedryf. Dink maar aan die balanseertoerusting vir vliegwiele/koppelaareenhede wat net in Duitsland en SA in bedryf was. En dan die skoon, geverfde fabrieksvloere - sy woorde dat daar geen rede vir mors is nie en dat skoon en netjiese omgewing bevorder akkurate en goeie werksresultate (nogal soos sy skoon kantoorlessenaar, ne?!). Fred het ook my seun sy prakties in sy fabriek laat deurloop, waar hy baie geleer het. Die grootste hartseer is dat ek later hom byna nooit gesien of besoek het nie. Elna, laat ons die afskeep vergoed en opgedra Bo vir krag en vertroosting. Theuns

  • 2021-06-15 14:29:59 View / Comment (0)
    Ben Truter

    Ben Truter

    Ben Truter

    Ek sal nooit vergeet hoe ek en Fred soms syfers moes optel wat in kolomme of anders uiteengesit was. Ek met my Calculater en Fred wat met sy vinger wat hy so met die kolom afgeweeg het. As ons antwoorde verskil het het Fred net gesê tel maar weer op jou syfer is verkeerd. Gewoonlik was hy reg.

  • 2021-06-15 14:23:48 View / Comment (0)
    Ben Truter

    Ben Truter

    Ben Truter

    Met my aanstelling in 1994 by Hydro Holdings, is my Aanstellingsbrief deur mnr Fred Wypkema met die hand uitgeskryf. Tot vandag toe het ek die Aanstellingsbrief as deel van my Memorabilia wat my voete op die grond hou.

  • 2021-06-14 14:21:23 View / Comment (0)
    Ben Truter

    Ben Truter

    Ben Truter

    Ek sal nooit vergeet die dag tydens 'n direksie vergadering in Hydro se raadsaal het ek my humeur verloor terwyl ons geargumenteer het oor 'n punt. Fred het my net so gekyk en toe ons uitstap toe haak hy so by my in en sê so onderlangs vir my, 'n mens verloor nooit jou humeur in 'n argument nie. Sonder om my te verkleineer, is ek daardie dag 'n waardevolle les geleer.

  • 2021-06-14 14:12:41 View / Comment (0)
    Ben Truter

    Ben Truter

    Ben Truter

    Ek dink nie baie mense weet wat 'n leier is of hoe om een te wees nie. Fred Wypkema was 'n leier. Projecten waarby Fred betrokke was en wat miskien nie uitgewerk het nie,sou hy geeneen van sy kollegas wat by die projek betrokke was uithaal as die oorsaak vir die mislukking nie, hy sou ALTYD die verantwoordelikheid daarvoor neem. Dit is na my mening 'n ware leier. Was vir my 'n baie groot voorreg om Fred as my leier te hê.

  • 2021-06-14 14:03:58 View / Comment (0)
    Ben Truter

    Ben Truter

    Ben Truter

    Die kuiers op die wynplaas as julle afgekom het Kaap toe was altyd so spesiaal. As Fred en Elna instap en ek koffie en tee aanbied hy dan vra of ons nie sommer maar dadelik 'n ou wyntjie kon drink nie. Fred was tog so lief vir sy Chenin

  • 2021-06-14 14:01:44 View / Comment (0)
    Noel Fisher

    Noel Fisher

    Noel Fisher

    I had the privilege of having 'Oom Fred', as I affectionately called him. as a partner in a surgical/pharmaceutical distribution business whilst he owned the Hydromed Group of hospitals. I recall having an almighty fight with him over a simple wage issue. He was a tough negotiator and didn't relent that easily. However after loud words and elevated blood pressure on both our parts, all was amicably settled. Mutual respect was retained and the outcome was a great friendship that will long be remembered. May he rest in peace.

  • 2021-06-14 13:59:07 View / Comment (0)
    Ben Truter

    Ben Truter

    Ben Truter

    Met die bou van die Hydromed Welkom hoe ek en Fred elke week 16.00 vanaf Barclay Square gery het om die Dokters te gaan spreek en weer terug Pretoria toe dieselfde aand om so 01.00 terug by die huis te wees .Ek sal nie die stoppe by die Pitstop op Kroonstad vergeet met ons terugkeer vir 'n Burger en 'n Pink Milkshake nie. Spesiaal. Amper vergeet ek die volgende ogend 7.00 moes ek rapporteer vir 'n koffie in Fred se kantoor. Baie keer was dit vir my wiskunde les.....

  • 2021-06-14 13:48:57 View / Comment (0)
    Ben Truter

    Ben Truter

    Ben Truter

    Dankie vir die fotos. So goed om te sien Fred was ook 'n klein seuntje. Ek het nog altyd gedink Fred was net 'n besigheidsman. Nie altyd 'n maklige man om voor te werk nie, maar as jy Fred Wypkema agter jou gehad het was jy verseker hy sal die pad deurgans met jou stap. Ek het altyd gesê my eie Pa het my groot gemaak maar Fred het my KLAAR gemaak. Dankie Fred vir wat jy vir my beteken het. Ek gaan jou baie mis!

  • 2021-06-14 12:24:12 View / Comment (0)
    Emma Wypkema

    Emma Wypkema

    Emma Wypkema

    Oom Freddie, my Dad and Farmor....

  • 2021-06-14 12:22:08 View / Comment (0)
    Emma Wypkema

    Emma Wypkema

    Emma Wypkema

    A Holiday in Lorenzo Marques, now Maputo...

  • 2021-06-14 12:20:03 View / Comment (0)
    Emma Wypkema

    Emma Wypkema

    Emma Wypkema

    More old family memories....

  • 2021-06-14 12:19:07 View / Comment (0)
    Emma Wypkema

    Emma Wypkema

    Emma Wypkema

    Oom Freddie's birthday celebration with Farmor, Farfar and my Dad - circa 1933.

  • 2021-06-14 12:10:46 View / Comment (0)
    Emma Wypkema

    Emma Wypkema

    Emma Wypkema

    Happy family memories...

  • 2021-06-14 12:10:04 View / Comment (0)
    Emma Wypkema

    Emma Wypkema

    Emma Wypkema

    My Dad's brother, Oom Freddie, will always be remembered for the gentle human being he was. My Dad and he were very close, spending many holidays and Christmases together. My Dad passed away in December and Oom Freddie has followed him 6 months later. This is the end of a special era for my family, and they both have left a void in our lives...

  • 2021-06-14 11:56:05 View / Comment (0)
    Danie Coetzee

    Danie Coetzee

    Danie Coetzee

    Ons eerste vlug , Munich , Ek saam met Elna en oom Fred en die Crew van die Vlug. Kyk net die mooi blomme en e

  • 2021-06-14 11:27:49 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Fred en sy jarelange vriend Joep Schoeman, Des 2019.

  • 2021-06-14 11:21:43 View / Comment (2)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Fred en Jannie Rautenbach,

  • 2021-06-14 11:20:29 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Fred, ek en Pieter by laasgenoemde se 75ste verjaardag.

  • 2021-06-14 11:19:47 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Fred se 80ste verjaardag.

  • 2021-06-14 11:19:20 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Fred en ek op2 Nov 2002 be die "launch" van Hydro Air.

  • 2021-06-14 11:18:17 View / Comment (0)
  • 2021-06-14 11:17:46 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Kyk net die snorretjie

  • 2021-06-14 11:17:23 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Jong man

  • 2021-06-14 11:16:48 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Skugter matriekleerling

  • 2021-06-14 11:16:08 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Fred as laerskoolseuntjie

  • 2021-06-14 11:15:36 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Fred en sy ouer broer, Wichert, lank, lank gelede.

  • 2021-06-12 16:50:43 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Fred, ek en Amanda op die Radisson se stoep.

  • 2021-06-12 16:46:16 View / Comment (0)
    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    Elna Wypkema

    SOME OF OUR BEST LIVING IS DONE BY THOSE WE LEAVE BEHIND. Daar is twee dinge wat in besonder vir my uitstaan oor Fred en dit is dat hy nooit gekla het nie. Wat ook al die omstandighede, wanneer iemand hom gevra het "Hoe gaan dit" het hy altyd met 'n groot glimlag geantwoord "ALTYD GOED". Voorts het hy nooit probleme gehad nie. Elke terugslag, struikelblok of hindernis was vir hom 'n nuwe uitdaging wat hy met entosiasme en oorgawe aangepak het en meestal oorwin het.

  • Danie Coetzee 2021-06-14 11:56:05 wrote: Ons eerste vlug , Munich , Ek saam met Elna en oom Fred en die Crew van die Vlug. Kyk net die mooi blomme en e

    Comments (0)

    • No comments.