In 2001 het ek Mnr Wypkema leer ken. Die man met die breë glimlag en vriendlikste gesig. Hy was altyd netjies gekleë en het altyd 'n das gedra. As jy vir Mnr vra hoe dit met hom gaan sal hy antwoord "altyd goed".
Met 'n verjaarsdag het hy altyd na jou toe gekom met gelukwense.
Hoeveel keer het hy nie na my toegekom om net te hoor hoe dit met die werk en verkope van voertuie gaan. Wanneer hy by die vertoonkamer ingestap wou hy weet hoekom is daar so min voertuie op die vloer . Hy sal dan vir my sê ek moet nog voertuie bestel want die vloer moet vol wees.
"Beste wense" was sy manier om jou te groet wanneer hy loop.
Ek sal Mnr baie mis. Rus in vrede Mnr Wypkema.
Baie dankie Elna vir die jare wat jy so goed vir Mnr versorg het. Sterkte vorentoe en weet die Here is daar om jou te dra in die dae wat voor lê.