Meeste mense het vir Fred geken met ‘n das om sy nek en as sakeman agter sy lessenaar. Hoewel dit sy passie was om te kon werk en te presteer en al het hy altyd gesê dat werk sy ontspanning was, het hy wel van tyd tot tyd die das afgehaal, ‘n kortbroek en plakkies aangetrek en ontspan. Hy was baie lief vir die water en bote en meeste van ons vakansies was op of by die water, hetsy mere, riviere of die oseaan. Hier volg ‘n paar foto’s van Fred in ligter luim.