In die begin-sestigerjare het my pa Elite Motors in Reviera ontdek. Die eienaar was Fred, 'n man uit een stuk, soos my pa hom beskryf het. Die uitstekende werktuigkundige het by Fred toestemming gekry dat ek die diens van my pa se kar kon bywoon en ek het baie geleer. Kort daarna kry ek my eie VW, wat ook daar gedien is. Fred was nog dosent en was toe reeds vir my "'n groot oom".
Steeds in die sestigers het ons buurman, Philip, Fred se babablou Ford Fairlaine gekoop.
In 1995 kruis my paaie weer met Fred s'n. Fred en Elna se ondersteuning met die dood van my pa en bywoon van die begrafnisdiens in 1998 was baie besonders.
Hy word vir my 'n mentor. Ons het baie saam beleef. In die moeilikste omstandighede was hy die kalmte self en het hy gefokus gebly. Ander verloor hulle selfbeheersing - hy nooit - hy wen daardeur telkens. So baie het hulle Mosesse in so 'n proses teengekom.
Ek was paar maal saam met Fred en Elna oorsee. Ons is 'n slag in die sneeu in Switserland in 'n afgelee lee fabriek letterlik ontvoer en Fred se kalme benadering bly my steeds by. Elna het inderdaad dieselfde goeie eienskap. Saam het hulle waarlik goed by mekaar gepas.
Ek sal Fred se vertroue wat hy in my gestel het, nooit vergeet nie.
En dan die merkwaardige, te veel om op te noem. Dink aan sy skoon kantoorlessenaar te alle tye (ek weet noemand het dit ooit deurmekaar of gepak gesien nie!). Verder was hy 'n meester op elke masjien in elke fabriek wat hy bedryf het (hy het gese hy kan nie 'n werker daarop toelaat tensy hyself die masjien geken het nie). Ook het hy die beste en fynste toerusting bedryf. Dink maar aan die balanseertoerusting vir vliegwiele/koppelaareenhede wat net in Duitsland en SA in bedryf was. En dan die skoon, geverfde fabrieksvloere - sy woorde dat daar geen rede vir mors is nie en dat skoon en netjiese omgewing bevorder akkurate en goeie werksresultate (nogal soos sy skoon kantoorlessenaar, ne?!). Fred het ook my seun sy prakties in sy fabriek laat deurloop, waar hy baie geleer het.
Die grootste hartseer is dat ek later hom byna nooit gesien of besoek het nie. Elna, laat ons die afskeep vergoed en opgedra Bo vir krag en vertroosting. Theuns