Memorial

Prof Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel

xx xx, xxxx - xx xx, xxxx

Rev Prof Mary-Anne Plaatjies-van Huffel was a remarkable woman. She was the first woman to be ordained as a minister in the then Dutch Reformed Mission Church. The first woman to be elected as Moderator of the Uniting Reformed Church in Southern Africa and the first woman who served as Actuarius of URCSA Cape Synod. She was the first black woman to be promoted to full professor at the Faculty of Theology at Stellenbosch University. She was the World Council of Churches president for Africa since 2013. Prof Mary-Anne Plaatjies van Huffel was married to Rev Dawid van Huffel. She was one of 7 sisters. The funeral will take place on Wednesday, 27 May 2020 from 12h00-13h00. Live streaming will be available.

Condolences

Margaret Carelse, VGK, Scottsden

My innige meegevoel aan ons Ds van Huffel en familie en die familie van MA Plaatjies van Huffel. Mat, 5:4.Salig is julle wat treur want julle gaan vertroos word

Deon & Mariëtta Scharneck

We are deeply touched by the passing of Prof. Plaatjies Van Huffel. We carry with us all the precious memories we shared. Our deepest condolences to Rev. Dawid and the rest of the family.

Bewan Van Niekerk

Dit skok nogsteeds. Dis nog rou en baie hartseer. Ma Plaatjies van Huffel se sterfte ruk nog baie harte en alhoewel dit nog nie ingesink het nie kan ons nie anders, maar om te treur oor die merkwaardige vrou wat spore in baie, so baie se lewens getrap het. Dit was by die bevestiging van Ds. Anne-Marie Cloete-Damons waar ek die geleentheid gekry het om hierdie Godvresende vrou ontmoet het. Die woorde wat sy daar gespreek het was so amazing en van daar het ons kontak gemaak en aan die gesels gekom. Nie lank nie toe is ons whatsapp buddies. Dankie vir die mooi woorde wat jy met my gedeel het Ds. Dankie vir die inspirasie, en alhoewel ek nie klas gekry het by haar nie het sy op n ander manier voetspore getrap wat ek nooit sal laat gaan nie. My hartjie bloei, my bestaan treur en soos jy ander deur die jare geinspireer het, mag jou nalatenskap nooit vergeet word nie. Mag ons jou koester vir die vrou wat jy was en mag jou spesiale woorde aan elkeen in ons harte bly. Jy my doems, het die wedloop voleindig. Jy het jou doel gedien, nie net in die kerk nie, maar regoor die wêreld. Daar is nog so baie waaroor ons sou gesels het en ja, ander het jou beter as my geken, maar ek sê nou aan die wêreld dankie dat ons vir n kort tydjie kon deelvorm van mekaar se lewens. Mag Ds Dawid en familie deur hierdie tyd die Here se teenwoordigheid in alle aspekte koester en omhels. Die Here sal julle seer genees. Goedheid en guns. Soos die VGKSA hartseer is en treur, doen die wêreld ook. Rus sag Mary-Anne Plaatjies van Huffel. Psalm 23:4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. #RIPProfMA

Rev/Ds Glenda Fredericks

In memory of Prof, Rev Mary ann Ma Plaatjies van Huffel. Im still in shock, sad and in denial with the loss of such an incredible person, woman, colleaque, lecturer, smart and stylish lady, minister and friend. She was a great asset to many in our country and to the world. I will miss our convo's and reading your profound and intellectual briefings on FB and Urcsa page. RIP, sister, a beautiful and sweet - rose, pioneer, rolemodel and the one who inspired me to get more out of ministry and life itself. Thanks for preparing the world and path for us, female ministers, and for being so dedicated and smart in all spheres of life. What an extraordinary example! Thanks for leaving such an unique and loving legacy..Your life, ministry and commitment, will remain a beacon of hope for our country, the world and Urcsa. Strongs to her husband and extended family and our beloved church. She gave her all and her ultimate best..Will miss you forever and a day...

Wouda Hanekom

Innige meegevoel met die heengaan van 'n geliefde. Ja waarlk 'n Vrou van eerstes. God hou u as familie en die bree kerk familie in Sy Hande en omgord u met Sy Liefde veral in hierdie tyd. Ps 23

Louise Bruiners

"Het jy my...Jesus verstaan jy die dilemma waarin ons sit. Hoe het ons dit dan nou met die Drie-Enig. Het jy ons kommer gesien, gebed gehoor, het jy na ons hulpgeroep saam met Dawid gehoor? Hoe hoor jy dan vir Hagar in die woestyn , en hoor nie vir ons... Ag Vader was ons ore dan ge-lockdown toe U in ons ore gefluister het...dit is volbring..." RIP prof MA Plaatjies van Huffel. Louise Bruiners.

Jolina Zimri

Ek onthou; jou trèe in gange van TBH tydens hospitaal prakties. Ek onthou; jou eerste vrou momente. Ek onthou; jou selfverdediging in n uitdagende seksistiese kerkgemeenskap. Ek onthou; jou kleding-seremonie. Ek onthou; jou loopbaan trugkeer na Kraaifontein. Ek onthou; jou gasspreker geleenthede by konferensies, meerdere vergaderings en lesings. Ek onthou; jou fb posts oppad na of oppad van internasionale byeenkomste, lesings, vergaderings en presentations. Ek onthou; die laaste Streek sinode en jy die eerbare ding doen te bedank en ek die verhoog bestorm. Ek onthou; jou moederlike "gee my n drukkie ." en ek antw" ek nie gekom vir drukkie; ek gekom om jou bedanking op te skeur". Ek onthou; Sept 2019 Belhar Belydenis viering. Ag daars baie te onthou..."het jy my?" Ons onthou...RIV MA Plaatjies van Huffel.

Dave van Huffel

So we will remember her as great contributor on personal and family life. But also and in particular the church community where she touched and changed many lives. May her memories and theological contribution live forth in the coming decades for the church and community.

Page 1 of 5