
Fred Wypkema
xx xx, xxxx - xx xx, xxxx
Fred Wykema, eggenoot, familielid, vriend, kollega, entrepreneur en mentor het gedurende sy lang en kleurryke lewe talle mense se lewens aangeraak en laat 'n groot leemte in menige lewens. Hy was 'n baie spesiale mens!
Condolences
Mimi Jansen van Vuuren
Mimi Jansen van Vuuren My innige simpatie. Fred was vir 10 jaar deel van my lewe - hy in sy 50's en ek in my naïewe 30's. Ons het Sondae altyd baie lekker by Joep en Marian of Stuart-hulle gekuier. Ek het ongelukkig eers onlangs verneem dat Fred se seun Bertie in 2018 oorlede is - ek is baie jammer daaroor - dit moes vir fred baie moeilik gewees het omdit te verwerk
Monique Burn
Oom Fred en Elna sal altyd ‘n deel van my familie wees. As mens hom sien het hy altyd ‘n sprankel in die oog gekry , groot geglimlag en met entusiasme gesels - asof die feit dat hy jou raak geloop het die hoogtepunt van sy dag was. Hy het almal met soveel respek hanteer, gee nie om wie jy was of watse professie jy gehad het nie. Ek was baie lief vir oom Fred en dankbaar vir sy invloed op my en my familie se lewens. (Ek is ook dankbaar dat hy Elna in ons lewens gebring het. Vir haar bly ons baie lief!)
Bart De Bruycker
Mijn oprechte betuiging van medeleven. Met de beste herinneringen aan een prachtig persoon. Veel sterkte.
Tinus zeelie
Geagte familie ,vriende en kolegas van mnr fred wypkema.n merkwaardige man wat n groot leemte by almal laat.Hy was n groot mentor vir my vir 21 jaar as werknemer.dit was n vooreg om so baie te kon leer by n meester op baie gebiede.ons gaan hom beslis nooit vergeet nie.sterkte aan sy vrou en familie deur die hartseer tyd ,jul is in ons gebede
Koos Visagie
More. Aan al die familie Innige simpatie en bid vir krag om die groot verlies te verwerk. Oom Fred was n gentleman en n groot man gewees. Grootste respek vir hom gehad Rus in vrede. Koos Visagie
Danie Coetzee
Oom Fred was n baie , baie spesiale persoon. Ek het oneindig baie by hom geleer en ek het die Koffie in die oggend baie saam met hom geniet as hy by my kom sit en sommer net gesels het. So plat op die aarde en altyd vriendelik. Rus sag oom Fred. Jy was my grootste mentor.
Noel and Janice Fisher
“God saw he was getting tired And a cure was not to be So he put his hands around him And whispered “come with me A golden heart stopped beating His beautiful life put to rest God broke our hearts to prove to us; He only takes the best With tear filled eyes we watched him; suffer and fade away, Although we loved him deeply We could not make him stay.” RIV Oom Fred
Theresa vd Merwe
Wat ń merkwaardige mens. Altyd vriendelik gegroet en met opregte belangstelling na jou welstand verneem. 'n Entrepeneur uit die boonste rakke. Dankie dat ek jou kon ken, sal jou nooit vergeet nie. My innige simpatie aan Elna en julle familie.
Page 1 of 2