Er is een fout opgetreden
Filter: Toon alle rubrieken
Op die plaas...my pa Dr. Louis kom vir n vinnige besoek, Tanya en ek is dadelik om die huis na die voere toe om molasse te proe of in die hoop mielies rond te gly. Dan hoor ons Oom Louis se roep oor die geraas van masjiene dat my pa wil ry, so n vinnige saterdag oggend kuier verby. Na al die jare bly dit my by. Oom Louis wat in die aande altyd alleen uitgegaan het om die honde kos te gee en uit te laat vir die nag. Ons bid dat God jul familie sal krag en rustigheid gee en dat jul kan weet Oom Louis Bierman het DIEP spore getrap in baie mense se lewens! My ouers Louis en Mispa stuur ook krag en gebede van Balfour af. Baie sterkte en liefde! Louise van Jaarsveld
Sal pa altyd onthou vir sy wysheid, humor en sterk geloof! Hy was die beste pa en ons almal se rots. ‘n Liefdevolle, trotse oupa... Jon-Louis dra sy naam met trots. Hy het ‘n leemte in my hart gelaat wat nooit weer gevul kan word nie. Until we meet again... xxxx
Estelle Ackerman
Estelle Ackerman
Liewe Pappie, Waar begin mens om ‘n leeftyd van herinneringe en gevoelens op te som? Ons kinderdae was geseënd met ‘n plaaslewe vol goeie herinneringe – pa se rooi motorfiets, beeste en mielielande, Alfa Voere, kuilvoer maak, “Chinese” braai op die gasbraaier, harde musiek op naweke (insluitend Venga Boys) en die rondrits om sommer te gaan fliek of uiteet op ‘n weeksaand. Daar was geen tekort aan vakansies en vinnige wegbreke nie en dit is ‘n voorreg om oorsee te kon reis saam met julle. Pa het vir elkeen van ons ‘n geleentheid geskep om ons talente te ontwikkel en ons aangemoedig om ons beste te gee. Pa was ‘n voorbeeld van hardwerkendheid en hoe om afhanklik van God te lewe. Pa het geweet wanneer dit tyd was om aan te beweeg na nuwe fases van die lewe, al was dit soms swaar. Pa het op pa se tande gebyt as ons fouteer het en ons met liefde tereggewys. Al het pa nie altyd saamgestem met ons keuses nie het pa ons ondersteun en was pa die vangnet vir as dinge skeef loop. Pa was altyd lus vir ‘n lekker kuier met al pa se kiddies en kleinkinders en ek koester elke geleentheid wat ons gehad het. Die ou lewe het maar besig geraak soos mens ouer word en ek wens ons het meer tyd gehad die laaste paar jaar bymekaar, maar ek weet dat die geleenthede wat ons wel gehad het was ten volle benut. Ek is veral dankbaar vir die laaste wegbreek wat ons gehad het oor die Paasnaweek hierdie jaar, dit was een vir die boeke! Ons laaste steak saam by Turn ‘n Tender was net soos pa daarvan hou. Ons is hartseer as ons dink aan al die mylpale wat pa gaan mis – pa wou so graag Tertius se eerste behoorlike rugby wedstryd bygewoon het (wat nog nie gebeur het sedert die Covid regulasies nie), Wian wil ‘n bouer word en sou graag by oupa wou leer, Johan het so uitgesien na ons Namibie trippie wat ons beplan het vir April 2022 en ek wens dat ek nog een keer vir pa kon sê ek is lief vir pa en dankie vir ALLES wat pa vir my gedoen het. Ek is die vrou wie ek is vandag danksy pa se ondersteuning en leiding. Ons sien pa eendag in die ewigheid en ek weet dat pa nou kan rus in die Here se vrede en vreugde wat ons verstand te bowe gaan. Baie liefde, Pa se bruinoog dogtertjie, Johan, Tertius & Wian
Meer...