
Estelle Du Toit
xx xx, xxxx - xx xx, xxxx
A dedicated and loving mother, loyal and devoted to the well-being of others.May her soul Rest in Peace and may her memory be a blessing to us all...
Condolences
Ronel (Bennie) Benson
2nd September 2020 - Your first birthday away from your loved ones. Happy celebrations and may the choir sings to you the whole day.
AthenA
Liewe Buurvrou. jy het die wêreld n beter, mooier plek gemaak as wat dit was, daarom is die wêreld soveel armer noudat jy die aardse met die ewige verwissel het. Rus sag Estelle! Ons sal jou-en-suzy - en-Adam-op-steroids mis. Jy was n toonbeeld van grasie en 'n inspirasie vir ons. Ons sal jou onthou in elke voeltjie in jou bome langsaan. Michael en Martinque en familie Estelle se glimlag, deursettingsvermoë en liefde leef in julle! Mooi loop! AthenA en Charlotte.
Katie Du Toit
Ek het net mooi herinneringe van tannie Estelle. Sy het gescrapbook en teddiebeertjies versamel. Sy het 'n paar keer 'n mooi een vir my weggegee. Ons het nou nog die prentjie wat sy gemaak het met die fotos van die dag toe sy en Oupa ons leeuplaas toe gevat het. Sy was net goed vir ons kleinkinders - ek sal haar altyd onthou as sag.
Marlene Swanevelder
Estelle was fantastiese vrou. Ek onthou haar met 'n glimlag. Jy het baie beteken vir ons, jy het moeilike tye met my pa beleef- maar nooit ooit sou ons dit in jou woorde hoor nie. Dankie vir die groot fles lekkergoed wat jy oupa maak koop het...dit is goue herinneringe vir my kids.
Clara du Toit
Ek het slegs goeie herinneringe van tannie Estelle. Dit was altyd so lekker vir ons almal (die kleinkinders) om by oupa Louw te gaan kuier en te weet dat tannie Estelle ook daar gaan wees. Ek onthou haar as ń baie statige, liefdevolle en geduldige vrou. Ek het verskeie herinneringe van hoe ek en sy op haar bed sit en gesels het oor ń klomp goed. Sy het ons werklik soos familie hanteer. Ek was vreeslik jammer om te hoor van haar afsterwe. Sy het beslis baie mense se lewens aangeraak, selfs al was dit op n baie jong ouderdom soos in my geval.
Jackie du Preez
I knew Estelle for only a short while, but during this time I got to know her as a compassionate person dedicated to her craft. She was kind and always willing to assist others. May she rest in eternal peace.
Kelvin Glen
Estelle taught me so much about patient care and support and was a true pillar of strength. Her determination and passion for doing right by her patients and team will be missed. Thank you Estelle for all the laughs and good memories. RIP Love Kelvin