"Hallo julle outjies" is hoe tannie Magda mense vriendelik verwelkom het.
"Dit lyk of julle my nie eers gemis het nie", is hoe sy almal laat bly glimlag het nadat sy die vertrek moes verlaat het vir ‘n wyle. Sy was altyd vriendelik en het nie gehou van konflik met familie en vriende nie. Sy wou hê dit moet goed gaan al het sy self onder die gevolge gely.
En wanneer sy wel kwaad was, het dit niks meer as 'n blommetjie gevat om weer in haar goeie boekies te kom nie. En van daar af het sy altyd net terug gekyk op die mooi blommetjie en nooit terug na wat jy verkeerd gedoen het nie.
Nog 'n kenmerkende eienskap was dat mens haar altyd deur 'n ring kon trek. Ek kon onthou hoe ek altyd net gou saam haar moes gaan brood en melk koop. Vir die eenvoudige taak het sy aangetrek soos vir ‘n troue.
Soos tyd verloop het, is ek getroud en later het ons 2 dogtertjies ryker geword. Tanie Magda het net so in hulle harte ingekruip soos myne. In al die tyd Tanie Magda en oom Anton 'n goeie voorbeeld vir ons gestel van gasvryheid, liefde vir mekaar en ook as huweliksmaats. Dit is iets wat ons nooit sal vergeet nie.
Maar nou is dit soos Tanie Magda altyd gesê het as ons totsiens sê na 'n lekker vakansie - "Dit is nie totsiens nie, dit is tot ons weer sien."
So Tannie Magda, dit is nie totsiens nie, dit is tot ons jou weer sien in die nuwe wêreld.
Izak Du Plessis