Some unspecified error has occurred.

Magda Janse van Rensburg

August 20, 1963 - June 23, 2021

"In life I loved you dearly, in death I love you still; In my heart you hold a place no one else can fill" In loving memory of Magda Janse van Rensburg

More... Less...

  • Memories Memories
    One moment please, your post is being saved...
  • Image Image
    To attach an image drag & drop it here or
    One moment please, your post is being saved...
  • Video Video
    Upload a video on YouTube and paste the code here:
    One moment please, your post is being saved...
  • Condolences Condolences
  • Condolences Condolences
    One moment please, your post is being saved...

Filter: Show all labels

  • 2021-07-04 19:56:29 View / Comment (0)

    Madelaine du Plessis

    Tannie Magdelie het my die belangrikheid geleer daarvan dat jou sokkies by jou uitrusting moet pas, veral as jy nuwe skoene die eerste keer dra. Na ‘n lang dag van rondloop in Stellenbosch, waar oom Anton vir Porcthie beïndruk het met sy vellies en ek per ongeluk te hard gesê het dat die kleurvolle prentjies vir my lelik is…. Moes ons oppad eers by Fairview stop. Want geen kuier is ‘n kuier as daar nie by Fairview gestop word nie. As verantwoordelike bestuurder het ek kaas geproe terwyl oom Anton die wyne uitgetoets het saam met kaas….tannie Magda het vir my ‘n kaas messie gekoop en oom Anton het BAIE bloukaas smeer gekoop. Arme tannie Magda reken toe die dag is verby toe ons in die kar klim, en trek die nuwe skoene uit wat nou al druk van etenstyd af… en daar besluit ek dat “terwyl ons nou hier is…” ons ook eers by Spice Route moet stop vir ‘n roomys terwyl ons vir Tafelberg kyk al die pad van die Boland berge af. Ongelukkig binne die minder as 10 minute het tannie Magda se voete geswel en kon sy nie weer die nuwe skoene aankry nie. Maar low-and-behold, haar sokkies pas toe gelukkig by haar uitrusting en ons kan gaan roomys eet en vir die berge kyk voordat ons huiswaarts is. Tannie Magdelie sonder skoene, op haar sokkies in die openbaar – ek sou dit nie glo indien ek nie self daar was nie. - Mei 2019

  • 2021-07-04 19:27:05 View / Comment (0)

    Monique du Plessis

    My gunsteling foto van ons tannie Magda en haar "poppies"

  • 2021-07-04 19:25:18 View / Comment (0)

    Monique du Plessis

    "Hallo julle outjies" is hoe tannie Magda mense vriendelik verwelkom het. "Dit lyk of julle my nie eers gemis het nie", is hoe sy almal laat bly glimlag het nadat sy die vertrek moes verlaat het vir ‘n wyle. Sy was altyd vriendelik en het nie gehou van konflik met familie en vriende nie. Sy wou hê dit moet goed gaan al het sy self onder die gevolge gely. En wanneer sy wel kwaad was, het dit niks meer as 'n blommetjie gevat om weer in haar goeie boekies te kom nie. En van daar af het sy altyd net terug gekyk op die mooi blommetjie en nooit terug na wat jy verkeerd gedoen het nie. Nog 'n kenmerkende eienskap was dat mens haar altyd deur 'n ring kon trek. Ek kon onthou hoe ek altyd net gou saam haar moes gaan brood en melk koop. Vir die eenvoudige taak het sy aangetrek soos vir ‘n troue. Soos tyd verloop het, is ek getroud en later het ons 2 dogtertjies ryker geword. Tanie Magda het net so in hulle harte ingekruip soos myne. In al die tyd Tanie Magda en oom Anton 'n goeie voorbeeld vir ons gestel van gasvryheid, liefde vir mekaar en ook as huweliksmaats. Dit is iets wat ons nooit sal vergeet nie. Maar nou is dit soos Tanie Magda altyd gesê het as ons totsiens sê na 'n lekker vakansie - "Dit is nie totsiens nie, dit is tot ons weer sien." So Tannie Magda, dit is nie totsiens nie, dit is tot ons jou weer sien in die nuwe wêreld. Izak Du Plessis

  • david takyi 2021-07-05 00:40:16 wrote:

    Rest Well Madam, God protect you and give you rest.

    david takyi 2021-07-05 00:40:16 wrote: Rest Well Madam, God protect you and give you rest.

    Comments (0)

    • No comments.