29-06 2020 13:07
wrote:
Prof Este Vorster: huldeblyk
26 Junie 2020
Met die heengaan van Prof Esté Vorster die afgelope week het ons weereens bewus geword van die fenomenale rol wat sy gedurende haar kleurryke loopbaan as voedingwetenskaplike nasionaal en internasionaal gespeel het. Op nasionale vlak het sy kop en skouers uitgestaan as ‘n hoogs gerespekteerde en produktiewe voedingskundige op ‘n wye gebied en later het sy ook dieselfde hoogtes op die internasionale verhoog bereik. Ja, sy was een van die gróótste Suid-Afrikaanse voeding wetenskaplikes wat ons land nog opgelewer het. Sonder om in die fyner detail van al haar menige prestasies en erkenning in te gaan, kan ons byvoeg dat sy dit alles met ‘n glimlag en warm medemenslikheid vermag het.
As familie mens was sy ewe eens gebalanseerd en het sy haar familie lewe uitstekend prioritiseer te midde van ‘n uitdagende professionele loopbaan, veral toe haar familie vir haar die nodigste gehad het.
Ons is tegelykertyd hartseer omdat sy weg is, dankbaar omdat ons fasette van haar lewe kon deel, vol bewondering en waardering vir haar wetenskaplike bydraes tot die voedingsveld, en eer haar ryke persoonlike en professionele nalatenskap.
Dit bring troos om te weet sy is nou in ‘n beter plek.
Pieter Jooste