Tannie Magdelie het my die belangrikheid geleer daarvan dat jou sokkies by jou uitrusting moet pas, veral as jy nuwe skoene die eerste keer dra.
Na ‘n lang dag van rondloop in Stellenbosch, waar oom Anton vir Porcthie beïndruk het met sy vellies en ek per ongeluk te hard gesê het dat die kleurvolle prentjies vir my lelik is….
Moes ons oppad eers by Fairview stop. Want geen kuier is ‘n kuier as daar nie by Fairview gestop word nie. As verantwoordelike bestuurder het ek kaas geproe terwyl oom Anton die wyne uitgetoets het saam met kaas….tannie Magda het vir my ‘n kaas messie gekoop en oom Anton het BAIE bloukaas smeer gekoop.
Arme tannie Magda reken toe die dag is verby toe ons in die kar klim, en trek die nuwe skoene uit wat nou al druk van etenstyd af… en daar besluit ek dat “terwyl ons nou hier is…” ons ook eers by Spice Route moet stop vir ‘n roomys terwyl ons vir Tafelberg kyk al die pad van die Boland berge af.
Ongelukkig binne die minder as 10 minute het tannie Magda se voete geswel en kon sy nie weer die nuwe skoene aankry nie.
Maar low-and-behold, haar sokkies pas toe gelukkig by haar uitrusting en ons kan gaan roomys eet en vir die berge kyk voordat ons huiswaarts is.
Tannie Magdelie sonder skoene, op haar sokkies in die openbaar – ek sou dit nie glo indien ek nie self daar was nie.
- Mei 2019