Ek het die voorreg gehad om 22 jaar deel van Mnr. Wypkema se span te kon wees en steeds by die besighede betrokke te kan wees.
My verantwoordelikhede in die span het as personeelbestuurder begin maar het onder sy leiding gaandeweg uitgebrei tot soveel meer. Sy voorbeeld as leier het geen gelyke nie! Hy was tussen 5 en 6 elke oggend by die werk en het meestal gesluit en laaste gery. Hy was netjies, kon hom altyd deur ‘n ring trek! Hy was ingelig en het hom op ‘n konstante basis op hoogte gehou met wat in elke maatskappy aangaan. Jy moes jou storie ken as jy ‘n saak wou bespreek! Weekliks het ons vergaderings gehou met die bestuur van die maatskappye en het elke aspek deeglik deurgetrap. Syfers, finansies is “Exact”! Wie is elke krediteur, wat koop ons by hulle, kry ons afslag – goed hy sal die tjeks teken waarna ek kon teken en voortgaan. Hy was ‘n meester in beheer van sy besighede se finansies en praktyke.
In die meganiese veld het hy menige bestuurders en tegniesie geleer hoe stelsels en meganiese beginsels nou eintlik werk. Enjins, ratkaste, ewenaars, hidroliese stelsels ag noem dit maar op. Ons wag nie vir onderdele nie- ons maak dit! In sy eie werkswinkel, met sy oorjas aan, het hy menige probleme op sy draaibank of freesbank opgelos. So het ons baie ure saamgewerk en ongelooflik baie geleer. Hy het ‘n baie groot liefde vir hierdie veld gehad! Sy hande het raakgevat, sy hande het reggemaak! Hy was trots, die werkswinkelvloere moes blink, gereedskap word skoongemaak en weggepak. Hy het ‘n trotse kultuur gekweek in sy span!
Weekliks het ons Brits besoek waar hy in die 1960’s begin het met boubedrywighede. Vandag fokus ons nou hoofsaaklik op grondwerke en uitverhuring van toerusting. Voorendlaaiers, slootgrawers, trokke, padrollers en padskrapers. Noem dit, ons het dit en hy ken en verstaan die werking van elkeen! Foute op masjiene was eenvoudig en maklik hanteer – maak oop, haal af of bring na my werkswinkel ek maak dit gou reg! Nee ons wag nie, dit word sommer nou gedoen! Die masjiene moes skoon en netjies. Thinus, die trokke moet geskilder word! Tereine waar ons besig was met werke is besoek. Kompaksie toets word met die inkap van die hak gedoen! Hy het geken en verstaan! Ons het geleer!
Gedurende 2006/2007 het ons ‘n gebou opgerig in Sandton. Basil Read was die hoof kantrakteur. Weekliks het ons die persele besoek, inspeksies gedoen, foutelyste opgestel. Dit was ‘n twaalf verdieping gebou. Menige maal was die krag af, hysbakke het nie gewerk nie! Geen probleem, daar is mos trappe! Kom ons doen gou ons inspeksies en dan word daai trappe uitgeklim! Ons eie maatskappy Hydro Cabinets het die kaste vervaardig. Dit moes perfek, hulle het gesweet! Ons is trots, dit moet reg! Basil Read het gesweet, Mnr Wypkema het ‘n standaard gestel, sy verwagting was hoog, hulle moes net eenvoudig presteer! Dink nie hulle sal ooit daardie projek vergeet nie!
So het ons verskeie geboue opgerig en het hierdie proses homself herhaal en het ons elke keer geleer by ‘n meester geleer!
Ons was betrokke by Medupi en Kusile kragstasies met grondwerke. Die tereine moes weekliks besoek word. Ons toerusting moet geinspekteer word. So het ons menige maal voregoggend na Ellisras vertrek om inspeksie te gaan doen. Dit was belangrik, ons toerusting moes reg. Daar is altyd lekker gesels so met die geryery en het ons altyd iets gaan eet voor ons terug ry. Mr. Wypkema het altyd ‘n geroosterde hoendermayonaise broodjie geeet met ‘n lekker lemmetjie mekskommel. Dit was vir hom sekerlik die hoogtepunt van elke besoek gewees! Hy het dit altyd baie geniet!
Nuwe projekte is aangepak en is daar gestoei om dit te maak werk al was die potensiaal soms nie baie gunstig nie. Ons boelie dit reg het hy altyd gesê! Hy het ons nie gesê wat ons moet doen nie, hy het ons altyd gewys en was altyd deel daarvan!
Daar is so baie waaroor gesels kan word!
Paar sê goed wat my bybly:
“ Ons moet maar terpentyn smeer”
Ons doen dit self, weet jy wat is ‘n “expert”? ‘n “Ex” is ‘n “has been” en ‘n “spert” is ‘n “drip under pressure”
Hoe gaan dit? “Altyd goed!”
As iemand geroet word “Beste wense”
Hoe was die vakansie? “Baie besig, baie gewerk en vergaderings gehad!”
“Ons moet hande vat. Saam is ons beter”
Dit was ‘n ongelooflike groot voorreg en ek is baie dankbaar! Hy was ‘n leier en mentor by uitstek!
Hy was goedhartig en sy mense goedgesind. Hy het soveel mense gehelp op soveel tereine. Hy het ‘n soliede fondament daargestel, ‘n veilige omgewing om in te werk en soveel geleenthede vir ons almal!
Ek mis hom ek mis sy groot gees!
Dit was ‘n voorreg om tot in die die laaste dae nog saam hom te kon ry en die besighede te kon besoek. Hom te kon ondersteun en dit vir hom te kon moontlik maak!
Dankie Elna vir jou ondersteuning aan hom en vir die mooi manier hoe jy na hom omgesien het! Jou liefde vir hom en ondersteuning aan hom was vir hom kosbaar en betekenisvol in alles wat hy aangepak het en, glo ek, ook in die mens wat hy was!